Tepelgrootte wissel aansienlik van vrou tot vrou, terwyl manlike tepels meer eenvormig is. Hierdie verskynsel druis egter in teen ’n algemene aanname van evolusionêre biologie.

Evolusionêre biologie probeer verstaan watter spesifieke eienskappe van die liggaam aangepas is om ‘n doel te dien en of iets net lukraak ontwikkel het, en in watter mate hierdie eienskappe funksioneel is. Sommige evolusionêre navorsers meen dat ’n klein verskeidenheid in die grootte van spesifieke biologiese eienskappe ’n aanduiding is dat dit ’n baie spesifieke doel het of gewoon die gevolg is van sterk evolusionêre seleksie. Funksies wat hoogs veranderlik is, is derhalwe as gevolg van swak evolusionêre seleksie.

Om hierdie aanname te toets het navorsers aan die Universiteit van Queensland in Australië ’n ondersoek geloods na die menslike tepel. Manlike tepels word beskou as ’n tipiese evolusionêre neweproduk, ’n nie-funksionele weergawe van die funksionele vroulike tepel.

Daar is bevind manlike tepels is gemiddeld 36 persent die grootte van vroulike tepels. Daar is ook ‘n groter variasie in die tepelarea by vroue. Hulle het ook bevind dat vroulike tepels aansienlik meer veranderlik is as manlike tepels as gevolg van aspekte soos die persoon se liggaamsmassa-indeks, die temperatuur van die kamer en borsmaat.

Daar is al voorheen beweer dat die groter variasie in die lengte van klitorisse in vergelyking met penisse beteken dat die vroulike orgasme ’n nie-funksionele neweproduk van die manlike orgasme is. Op grond van die nuwe navorsing beteken dit hierdie bewerings snert is, omdat die analise van manlike en vroulike tepels die teenoorgestelde evolusionêre effek toon.

(foto Lars Ploughman)

Lewer kommentaar

Leave a Reply