Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van 2023. Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore vriendelik verras en oppie-vloer van al die lag.
Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaarheid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeid en haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die volkslied, slimfone en ‘fancy’ karre.
Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ‘n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer ‘n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.
Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute deur aan haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met die gehoor en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories – dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.
Mel die Storieverteller by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 4 Julie om 20:30 en Sondag 28 Julie om 20:30
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14s

