Doller as Kop-Af

Doller as Kop-Af, onder leiding van Pieter Strümpher, bygestaan deur Joey de Koker. Gebaseer op Vernon Sylvaine se As long as they’re happy. In Afrikaans vertaal deur Jacques Loots. Verwerking deur Pieter Strümpher.

Met Pieter Strümpher, Celia Kok, Allen Knibbs, Biebie Brits, Minette Wentzel, Gwen Knörr, Mario D´Emiljo, Klaus Schnack, Ian Anderson, Margaux Raats en Lochner van Rensburg.

Doller as Kop-Af, oorspronklik in Afrikaans vertaal deur Jacques Loots, is verder verwerk deur Pieter Strümpher om in die hedendaagse Paarl af te speel. Dié skreeusnaakse komedie handel oor ´n konserwatiewe pa (Pieter Strümpher) se stryd om begrip vir sy eksentrieke vrou (Celia Kok), drie dogters (Minette Wentzel, Gwen Knörr en Margaux Raats), en ewe eksentrieke skoonseuns (Mario D´Emiljo en Lochner van Rensburg) se hedendaagse lewensstyl.

Voeg daarby ´n beroemde sniksanger (Allen Knibbs), ´n ietwat verbouereerde huishoudster (Biebie Brits), ´n nuuskierige joernalis (Ian Anderson), ´n sielkundige vol planne (Klaus Schnack) en ´n ander vrou… en die aand belowe om propvol pret en opwinding te wees!

Lewer kommentaar

Leave a Reply