TopTV het hul mededinger, DSTV, behoorlik die stryd aangesê gister met die aankondiging dat hulle ’n nuwe Afrikaanse kanaal loods.
ASTV is ’n nuwe diens vir Afrikaanssprekendes in Suidelike Afrika. Die kanaal sal hoofsaaklik vermaak, sport en nuus verskaf. Die programme sluit in name soos Vaskap, Eksie Perfeksie, Kos is oppie tafel, Ons Gesels en Fees Voete.
TopTV het ASTV ingesluit op hul Variety paket van R99 per maand. DSTV stel kykNet slegs beskikbaar op die Select 2 paket van R149 per maand.
DSTV stel hul dekodeerders tans beskikbaar teen R649 plus ’n onderhoudsfooi van R20 – die skottel ingesluit. TopTV het tans ’n spesiale aanbod van R299 – die skottel en installering ingesluit.
