Lag lag op ´n stofpad

`n Nuwe eenmansvertoning, Lag Lag op `n Stofpad, maak `n draai op die planke van die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Croom Produksies bring hiermee `n eg Suid-Afrikaanse ervaring na gehore van alle ouderdomme en lewenspaaie.

Louis Loock neem die gehoor op `n reis soos hy verskillende karakters vertolk wie se paaie kruis met die senuagtige jong man, Johan. Elke skepsel probeer op sy eie oordrewe manier raad gee oor die liefde en die lewe.

Piena is die kitch tannie in die blommewinkel, Stef, die antiekwinkeleienaar kla so tussen sy wyshede deur en moet tog nie van die entoesiastiese petroljoggie vergeet nie.

Hoekom maak die mense Johan so senuweeagtig? Daar is egter `n belangriker vraag. Die een wat Johan sy meisie moet vra.

Lewer kommentaar

Leave a Reply