Psalter (die naam vir ‘n boek van Psalms) is ‘n versameling grootword-herinneringe van ‘n Gaga-aanbidder, ‘n dissipel van Nina Simone en ‘n gesant van die maan in kitsch engelvlerke.
Dis ook ‘n ode aan drie susters – Greta, Joan en Bettie – elk vernoem na ‘n silwerdoekgodin, wat saam ‘n kind deur die veranderende seisoene probeer koester.
Uit die pen van Wessel Pretorius, vertolk deur opwindende opkomende talent Len-Barry Simons, met die meesterlike begeleiding van Christopher Petrie.
Met: Len-Barry Simons
Regie en teks: Wessel Pretorius
Musiek: Christopher Petrie
Genre: Kabaret
Tyd: 1 uur 5 minute
4 tot 8 Junie 2019, Alexander Bar, Café & Theatre, Kaapstad

