My kennis van die ovaal bol is baie goed. Ek weet dat die hoofstad van Oz Canberra is, weet dat die vierde taal in Switserland Romansh is, kan al 50 VSA-state alfabeties opnoem met hulle capitals, weet hulle maak vonkelwyn in Kent en Surrey, kan cheers in Fins en so aan.
Eenkeer doen ek ‘n proe en ewe skielik staan Rodney Blumberg voor my. Oud, knorrig kort, sy snor is ougoud van al die stook, moeilik en Joods. Hoe hy nog ‘n gids kan wees verstom my daagliks. Maar hy like my want ekke bring hom die tip, soos hy vertel. “My groep is van Japan, Malaysia en Romania maar die dogter is toilet toe. She is a beast, let me tell you.”
Ek is besig met Randburgers wat blenk de blenk soek en ‘n jong Aussie couple wie se ouers jare terug uitgewyk het Sydney toe. Anyway, ek stel my voor aan Rod se groep en verwag hierdie gewigstoter met hare orals, veral op die bolip, getooi in geel en blou. Haar ma lyk soos iemand wat in die Rooi tydperk jou sou martel as jy gevang is met ‘n Bedford vol Bybels in Bucharest.
Dan wandel sy in en die tyd staan stil. Haar somerrok fladder skoenlapperlik om haar slanke, Godin van Genade-lyf. Iets wat Zeus na bo sou laat roep het. En Martino die kulkunstenaar toilet toe sou laat verdwyn het. Sy vat my hand en sê: “I am Delia.” Knorgat kondig aan vanaf sy hoekstoel: “More like Delicious.” en ek antwoord: “I am Delighted.”
Die proe begin en ek loer na haar blas vel, welriekend na blommetjies unbeknownst to me, en haar wangbene hoog wat waghou oor haar Cleopatra-neus, die skip wat alles stuur. Ek sien haar voorgeslagte van Legionnaires en slank vroue wat kruike dra.
Sy vertel dat hulle kom van die mees Oostelike stad af. “Constanta?”, vra ek. Delia sê: “Wow, you are not only a pretty face.” En alles pause weer. En maak sin. Delia het op ‘n stadium gegil van die lag vir een van my stories en toe haar lang tong teen haar haarlose bolip gedruk, haar amandel oë gesprei, haar vuiste gebal behalwe die wysvingers wat sy op die tafel gedruk het en snaakse geluide gemaak. Haar ma het gelag. Ek het hierdie vuil spesmaas dat ek laat haar dink aan een of ander obskure cartoon karakter op RBC 1. En dat sy hom, haar of selfs dit so nagemaak het.
Hulle klap hande na die proe en maak reg om te gaan. Rod skrou: “Come come, the whole City are full of bloody Coons!” Delia draai om kyk my aan met haar ligbruin vensters van haar siel : “You, Francois, were better than the penguins!” En voeg iets in haar moedertaal by. En dit bodder my baie.
Francois, ek geniet jou skryfstyl en maak seker dat ek geen van jou Facebook-plasings mis nie. Dit gesê, Beter as die Pikkewyne is volgens my jou beste ooit – ‘n teksboek voorbeeld van “show, don’t tell”. Doen so voort!