Roekeloos
“In my geval was dit nie ’n ligte mistykie om af te tree nie, maar ’n moerse een. Meestal is dit net ek en my nuutgevonde pel Johnnie Walker. My vrou is bekommerd oor hierdie vriendskap. Erg.”
Om van verveling te ontsnap aanvaar hy ’n werksaanbod om ’n nuwe TV-stasie in Juba, die hoofstad van die Suid-Soedan, van die grond af te kry deur die daaglikse nuusbulletin op te stel.
Dis makliker gesê as gedaan. Want Juba is “die gatkant van die wereld”, verneem Kemp op die lughawe. En Kemp is maar ’n kwasterige man. Die boek vertel die storie van
• die uitdagings wat Kemp inwag in ’n land met feitlik geen paaie, daaglikse kragonderbrekings en ’n vreemde werks-etiek
• die geesdrif maar onbeholpenheid van die jong joernaliste wat hy oplei
• inmenging “van bo” en dwarsboming deur halstarrige medewerkers
• drinkebroer-kollegas wat gereeld die nag deur jol in die oorverdowende disko langs die hotel
• versengende hitte en aaklige water, maar ook die lieflike Nyl en die heerlike kos.

Bowenal ontdek Kemp iets nuuts in homself, en word sy verblyf in Juba ’n tuiskoms.Skrywer: Franz Kemp
ISBN: 9780624048817
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 192pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar