Kom kleur saam in! – Karnaval van drome

Kom kleur saam in! – Karnaval van drome,
Roekeloos,
28 September

Tanya O’Connor is terug met nog inkleurterapie vir volwassenes. Haar gewilde Kom, kleur in! was ’n eerste in Suid-Afrika: ’n Inkleurboek vir volwasse vroue. Daar was verskeie navrae by Roekeloos.co.za, nadat die eerste boek op ‘n stadium uitverkoop het.

Kom, kleur saam in! – Karnaval van drome is propvol nuwe sketse en ontwerpe. Tanya vier hier die alledaagse en die mooi van die lewe. Tel ’n pastel of verfkwas op en ontsnap met ’n lekker sessie inkleuterapie. Verlustig jou in haar vakansiesketse of loop saam met haar in die wolke met haar ‘Droom’-sketse. Daar’s ook ’n versameling van sketse uit die kombuis en elke vrou se ‘swak’punt – ’n inkopiesessie met rokke, hoede en skoene.

Die doel van hierdie boek is om vir jou ’n kreatiewe uitlaatklep te gee.

Kleur in na hartelus. Ideaal vir daardie ledige minuut terwyl jy vir die kinders of manlief wag. Boonop, het ons met die eerste Kom, kleur in! besef – jong dogtertjies is ook mal oor dié inkleurprente!

Kenners bevestig dat inkleur goeie teengif is vir spanning; na ’n paar sketse los probleme hulleself op.

Kom, kleur in!

Kom kleur saam in! – Karnaval van drome [teks] / deur Tanya O’Connor — Naledi

Kom, kleur saam in! – Karnaval van drome
Kom, kleur saam in! – Karnaval van drome

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar