Ons maak geskenke koop baie makliker met van die gewildste produkte in 2015 wat beslis hierdie seisoen op almal se wenslys gaan wees en ‘n paar interessante idees vir ‘n ware verrassing.
Ons Krismisdoos het ook ‘n lys van Kersmarkte waar jy kan gaan rondsnuffel vir oorspronklike geskenke.
Boeke | Musiek | DVD’s | Ander produkte | Kersmarkte
Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale
Lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere Die ballade van Robbie de Wee. Dié Deon Meyer boek is seker die veiligste Kersgeskenk, maar ook net as jy nie verlede jaar ook een gekoop het nie.
Koop / Buy Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale >>
A Brief History Of Seven Killings
Daar is ‘n rede hoekom Marlon James die Booker-prys gewen het vir sy boek.
“A Brief History of Seven Killings is one of the most remarkable and extraordinary novels of the twenty-first century.” #justsaying
Koop / Buy A Brief History Of Seven Killings >>
10 Jaar van Afrikaanse Grappe

(Vir die wat dit nou nog nie gekoop het nie!)
Die boek kan op ’n selfoon gelaai word en is veral handig vir die van ons wat nooit ’n grappie kan onthou nie.
10 Jaar van Afrikaanse Grappe bevat meer as 500 grappe wat deur lesers bygedra is. Dit is ’n mengsel van goue oues, floues en ’n hele paar baie oorspronklike bydraes.
Die gedrukte weergawe is ongelukkig uitverkoop by Takealot.com.
(eBoek PDF DRM Free)
(lees meer oor 10 Jaar van Afrikaanse Grappe)
To Pimp a Butterfly
Druk jy jou oor teen die optiese vesel wat om die aarde draai, hoor jy eerste van To Pimp a Butterfly. Net so min soos wat jy teen ’n Kaapse wind kan spoeg, so min kan jy dié album ignoreer. “Hulle” sê dit gaan ’n classic word.
As dit te badass vir jou is, probeer Julia Holter se Have You in My Wilderness.
Koop / Buy To Pimp a Butterfly >>
Far From The Madding Crowd
Interessant om te sien dat ’n fliek gemaak van ’n boek van Thomas Hardy nogal goed verkoop. Daar is dalk hoop vir die mensdom.
Boonop het die film ’n uitstekende 85% gekry op Rotten Tomatoes. Kritici sê die regisseur het sy werk gedoen en die rolverdeling was uiters sterk.
Koop / Buy Far From The Madding Crowd >>
Rugby Challenge 3 – Springbok Edition
Die Springbokke kon nie die mas opkom nie, maar dit beteken nie jy gaan misluk waar Heineke Meyer nie kon regkom nie. Vat beheer van die span en maak seker die All Blacks kry op hulle moer.
Beskikbaar vir PS4 en Xbox.
Koop / Buy Rugby Challenge 3 – Springbok Edition >>

Gauteng
Hatfield-mark
Hatfield-plaza
Elke Sondag
011 442 4488
Hillfox-mark
Hillfox Value Centre, Weltevreden Park
Elke Saterdag en Sondag
011 442 4488
The African Craft Market
h/v Cradock- en Bakerstraat, Rosebank
Elke dag
Melville-mark
Campus Square Shopping Centre, Auckland Park
Maandag tot Saterdag
Bryanston Organiese Mark
Culrossweg, Bryanston
Elke Donderdag en Saterdag
011 463 3752
Rosebank Rooftop-mark
Rosebank Mall
Elke Sondag
011 442 4488
Wes-Kaap
Mosselbaai Kers-Kunsmark
Mosselbaai-Suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai
16 – 18 Desember 2015
Die gewilde mark is soos elke jaar ‘n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte, wat nie in winkels te koop is nie vir billike pryse o.a. naald-, hout-, krale- en leerwerk, koekies en gebak, lekkers, biltong en droë wors, vetplante en bonsais, klere, juwele, draad en herwinningsprodukte, kinderspeelgoed, geverfde kinder t-hemde, skilderye, kerse, kersversierings, snuisterye en vele meer.
Die Kenani Dienssentrum verkoop heerlike eet- en drinkgoed.
Vir inligting / stalletjiebesprekings kontak: Cecile by 082 2243 865.

Neighbourgoods Market
The Old Biscuit Mill, Woodstock
Elke Saterdag
021 448 1438
Durbanville Craft Market
Rust en Vrede, Durbanville
Eerste Saterdag van elke maand
072 1731 040
Obs Nagmark
Observatory Gemeenskapsaal
Elke Donderdag
Debs 072 189 7437
Cape Town Summer Market
Tuine
Kaapstad
Laborie Lazy Days Market
Laborie, Paarl
Elke Saterdag
021 807 3390 / info@laboriewines.co.za
Bay Harbour Market
Houtbaai hawe, Houtbaai
Elke Vrydag tot Sondag

Lewer kommentaar