The Kelpies is ‘n skepping van die Skotse beeldhouer Andy Scott en sy span. Dié monument is opgerig as ‘n huldeblyk aan die perd se rol in die geskiedenis van Skotland. Die twee perdekoppe staan meer as 30 meter hoog en 600 ton staal is gebruik om hulle te vorm. Die staal is herwin van Skotland se industriële areas.
Die Kelpies is geleë langs die Forth en Clyde kanaal wat deur die middel van Skotland vloei. Dit herinner aan die tyd toe perde bote deur dié land getrek het.
Kelpies is magiese perde uit Skotse volksverhale. Volgens oorlewering kon die diere van vorm verander en het hulle in die strome, riviere en mere van Skotland gewoon.
Die modelle vir die monument was twee Clydesdale perde, Duke en Baron. Dié ras is oorspronklik van die area Clydesdale, waar die monument opgerig is.
Die monument maak oop vir die publiek in April 2014.

