La Diva maak volwasse kontemporêre popmusiek met ‘n stewige dosis jazz.
La Diva het hulle KKNK debuut in 2009 gemaak met hulle vertoning Wonderbra’s, Stiletto’s en al daai jazz, wat uitstekend deur gehore ontvang is en waarmee hulle bewys het dat hulle die spreekwoordelike spyker sommer met ‘n hoëhakskoen op die kop slaan.
In 2010 het hulle dit weer gedoen met Cocktails, Convertibles en al daai Jazz, ‘n “upbeat” samesmelting van oorspronklike- en bekende musiek, humor, en inspirerende musikaliteit. Soos feesvoos lede van die gehoor gesê het: “Ons was moeg toe ons hier aangekom het, maar nou is ons reg om die dorp rooi te verf!”
Hulle is ook van die min kunstenaars wat Laurika Rauch uitgesonder het om deel te wees van haar produksie, Laurika en Nuwe Vriende in 2008, asook Laurika en La Diva Maak Musiek wat in September 2009 by die Gariepfees debuteer het.
Die drie Divas bestaan uit Nelmarie Naudé as hoofsanger, Karmi Marais op klavier en agtergrond stemme, en Marlé Jacobsz op dromme, perkussie en agtergrond stemme.
Laurika Rauch beskryf die trio La Diva as “wonderlik – ‘n unieke wenkombinasie wie se musiek toeganklik is vir ‘n breë publiek. Hulle is talentvol, toegewyd en boonop mooi ook!
La Diva is 31 Augustus by Die Boer in Durbanville.
Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.