Dis laat 1973. Sussie dog die hele gesin gaan net dorp toe, maar nee – hulle trek. En Sussie en die res van die gesin spoel uit op die donker oewer van die rivier: Kuilsrivier. Die uitdagings is legio, en immuniteit kan slegs verwerf word as jy al die uitdagings oorleef – en natuurlik daai seer, blomvormige inenting op jou boarm.
Met deernis en ‘n ongelooflike oog vir daardie unieke eienskappe wat ‘n mens in ‘n karakter verander, is Marion Holm terug met splinternuwe stories, ‘n paar ou gunstelingkarakters en ‘n skreeusnaakse terugreis na grootword in die 70’s en 80’s.
Sussie was een van die 10 topverkopers onder die 222 produksies by vanjaar se ABSA KKNK. By die Cederberg-fees einde April was dit ook een van die topverkopers. Die kaartjies vir haar speelvak van vier aande by Die Boer in Durbanville het ook uitverkoop.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
