By hierdie jaar se Gariepfees kan die kleinspan saam met Hansie en Grietjie aan die lekkergoedhuisie kom knibbel. Die gewilde sprokie van die Grimm Broers, wat al in meer as 100 tale vertaal is, word deur Spoonerism Produksies in ‘n kinderteaterstuk verwerk wat elke kleinding sal betower.
Die teaterstuk vermeng die klassieke sprokie met moderne elemente om ‘n produksie te skep wat meer toeganklik en pret is vir die jongspan van vandag. Kinders word aangemoedig om deel te neem aan die storie en om Hansie en Grietjie te help om van die nare heks te ontsnap.
Die teks van Hansie en Grietjie is geskryf deur Ruan Smit and die regie is gedoen deur Christa-Louie van Heerden.
Moenie hierdie energieke produksie misloop nie!
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
