Gelukkig elke dag! is ‘n absurde komedie deur die bekroonde Estoniese dramaturg Jaan Tätte en vertaal deur Saartjie Botha. Hierdie produksie is die toneelstuk se debuut in Suid-Afrika onder regie van Hugo Theart by die HB Thom Teater op Stellenbosch.
Annette en Fred se huwelik is eentonig. Hulle is al langer as ‘n dekade getroud en hulle beleef ‘n middeljare krisis. Fred is mal oor hul huishoudelike buurvrou Anna se verruklike koeke en Annette vorm ‘n geestelike verwantskap met die vreemdeling Manfred. Hierdie absurde Tsjechofagtige komedie het ‘n magiese sjarme wat tydloos is en konvensionele grense oorskry.
Lancea Crafford, Wynand Olivier, Cintaine Schutte en Frans Hamman is die talentvolle jong geselskap in die rolverdeling.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

