Sterrekundiges het gesê hulle het met ‘n teleskoop van Nasa twee planete gevind wat baie soortgelyk aan die aarde is.
Twee van die vyf planete wat om die ster Kepler-62 wentel is in die sogenaamde bewoonbare sone, waar dit nie te warm of te koud is nie, en waar water ook moontlik voorkom. Dié planete is glo meer soortgelyk aan die aarde as ander planete wat voorheen ontdek is.
Die planete het ‘n radius van onderskeidelik 1,41 en 1,61 keer dié van die aarde.
Wetenskaplikes weet egter nog nie of die planete se oppervlak rotsagtig of waterryk is nie, en of lewe in die planete se atmosfeer moontlik is nie.
Nasa het in 2011 bevestig dat hy die heel eerste planeet in ‘n bewoonbare sone buite ons sonnestelsel gekry het. Die planeet Kepler 22b is sowat 600 ligjaar weg.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
