Alternatiewe gebruik vir dagga

Mario Oriani-Ambrosini, ‘n IVP-LP, het erken dat hy dagga gerook het vir mediese redes. Hy het ook ‘n pleidooi gelewer vir die heroorweging van wetgewing teen die gebruik van dagga vir mediese doeleindes. Dagga word oraloor Suid-Afrika (onwettig) gebruik om kanker te beveg.

Hier is nog ‘n voorstel vir die gebruik van dié plant:
Cannadom verkoop dagga-gegeurde kondome. Mense wat dit al probeer het sweer dat dit ruik en proe soos die Ware Jakob … of is dit nou Jakobregop.

‘n Kondoom sal jou sowat R22 kos. As jou behoeftes meer is, kan jy ‘n pakkie van 10 oorweeg vir sowat R148.00.

dagga kondoom

Lewer kommentaar

Leave a Reply