Asmavriendelike tuine

Studies deur Tom Ogren Recent het getoon dat baba’s wat gebore word vir moeders wat aan hoë vlakke van stuifmeel blootgestel is gedurende die laaste trimester van swangerskap ‘n beter kans het om asma te ontwikkel.

Die sleutel tot die voorkoming van asma is vermyding. Vir die asmalyer is die tipiese tuin nie ‘n baie vriendelike plek nie. Daar is allerhande swamme om mee rekening te hou en die ergste van alles is die stuifmeel.

Die normale tuin het manlike bome wat stuifmeel produseer asook manlike struike en ander plnte wat asma-aanvalle tot gevolg kan hê. Enige persoon met asma kan jou vertel dat daar verskeie dinge is wat ‘n aanval kan veroorsaak, maar stuifmeel is gereeld nommer een of baie hoog op die lys. Tuin-allergieë kom algemeen voor, maar dit kan vermy word. Al wat nodig is is klein veranderingtjies hier en daar.

In 1999 in Richmond, Virginia, VSA, het die American Lung Association of Virginia (ALAV) ‘n Breathe Easy hoofkantoor opgerig. Hulle het die hele gebou laat oprig met die nuutste innovasies in groen konstruksie en volhoubare ontwerp. Geen konstruksiemateriaal is gebruik wat enige skadelike gas of chemikalieë afgee nie of wat asma of enige ander allergie sou veroorsaak nie. Alle stappe is geneem om te sorg dat die gebou aangenaam en gesond is om in te werk. Die mense wat die kantore tans beset kan beaam watter verskil dit gemaak het. Hulle gebou is gesond.

Die ALA het ook destyds besluit om die omringende landskap gesond en vry van allergene te hou. OPALS (die plant/allergie 1 – 10 numeriese rangordestelsel) is gebruik om plantmateriaal te kies wat baie min stuifmeel afgee en wat die minimum allergiese reaksies tot gevolg het. In effek is die eerste ware asma vriendelike tuin in die VSA geskep.

Die twaalf punte om op te let wanneer jy jou asma vriendelike tuin bou is:

Plant vroulike bome en struike. Hulle gee nie stuifmeel af nie en hulle vang baie stuifmeel op. Dink aan hulle as lugversorgers.

Plant grasperke wat min stuifmeel afgee.

Gebruik net plante met ‘n OPALS-rangorde van tussen 1 en 5.

Verwyder enige bome en struike met ‘n OPALS rangorde van meer as 7.

Vervang die verwyderde plante met hul eweknieë wat ‘n lae OPALS rangorde het.

Gebruik slegs plante wat goed in jou omgewing aard. Plaas die inheemse plante eerste op jou lys.

Gebruik ‘n groot verskeidenheid plante. Hoe groter die verskeidenheid hoe minder probleme sal jy hê met swamme en insekte.

Vermy plante met sterk geure. Hulle kan asma veroorsaak. Moet nie Jasmyn of iets ssortgelyks naby ingange plante nie en beslis ook nie naby kamervensters nie.

Gebruik klip en gruis vir deklae. Dit verminder die kanse dat enige eksotiese swamme jou tuin sal binnekom. Plaveistene is ook goed.

Lok voëls na jou tuin. Die voëls eet insekte. Skade deur insekte is die broeiplek vir swamme.

Hou jou plante gesond. Dit verminder stuifmeel en swamme. Sorg dat jy natlei gedurende warm en winderige tye en bemes gereeld. Onthou dat vars lug en lig is die swam se vyand.

Verwyder enige palnte wat siek lyk. Wees versigtig vir gifstowwe want dit kan ook allergiese reaksies veroorsaak.

Maak jou tuin ‘n plesier en ‘n plek om te ontspan. Sit ‘n paar stoele uit, ‘n klein tafeltjie en ‘n voëlbad en ‘n plek om die voëls te voer. ‘n Tuin vry van stuifmeel en allergene is ‘n heerlike plek om te ontspan.

bydrae: Tom Ogren

Oor die skrywer:
Tom Ogren is die skrywer van vyf boeke, insluitende: Allergy-free Gardening, Safe Sex in the Garden en What the Experts May NOT Tell You About: Growing the Perfect Lawn. Tom het ‘n meestersgraad in Landbou-tuinbou, het 20 jaar klas gegee oor landskapargitektuur, het twee groothandel kwekerye besit en bestuur en was aanbieder van ‘n radioprogram genaamd Tom Ogren’s Wild World of Plants!. Tom het ook honderde artikels pubbliseer. Sy werk het in ‘n verskeidenheid publikasies verskyn soos Suid-Afrika se Veldt and Field, in Women’s Day, Alternative Medicine, die Burpee Seed Catalog, Sunset Magazine, Landscape Architecture, Der Spiegel, The London Times, The Seattle Times, The Washington Post en selfs die Jerusalem Post. Hy het verskeie kere verskyn op HGTV en sy werk was die fokus van twee TV-dokumentêre, een deur die Discovery Channel. Onderhoude is al met Tom gevoer op National Public Radio’s Weekend Edition en sy navorsing was al onder bespreking op The CBS Evening News. Hy spreek gereeld tuinbouklubs en argitekte toe. Hy is lid van die Professional Landscape Designers Association en die GWA (Garden Writers of America).
Tom se webwerf is www.allergyfree-gardening.com.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply