Ellie Greenwich 1940 – 2009

Die Amerikaanse liedjieskrywer Ellie Greenwich is op 26 Augustus in New York oorlede op die ouderdom van 68.

Haar eerste liedjie is opgeneem toe sy net 17 jaar oud was en in die sestigs het haar liedjies wêreldwyd die speellyste oorheers. Bekende liedjies waarvoor sy (mede-)verantwoordelik was is “He’s Got The Power”, “Be My Baby”, “Da Doo Ron Ron”, “Hanky Panky”, Manfred Mann se “Do Wah Diddy Diddy”, “Chapel of Love”, Ike en Tina Turner se “River Deep, Mountain High”, “Then He Kissed Me” en Cyndi Lauper se “Girls Just Wanna Have Fun”.

Ellie Greenwich word ook erken as die persoon wat Neil Diamond ontdek het.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar