Janet Dirksen se skilderye vang die eensaamheid van die lug en landskap vas, ’n refleksie van die menslike toestand. Die enigste tekens van lewe is die dikwels verlate Karoo-huise. Dit verleen ’n eiesoortige emosionele en atmosferiese eienskap aan haar werk.
Big Sky is by die Prince Albert Galery vanaf 15 April tot 15 Mei 2022.

