Boere met dopstelsel swaar beboet

Boere in die Wes-Kaap wat nog werkers met wyn betaal in plaas van lone kan ingevolge die provinsie se nuwe drankwetgewing boetes opgelê word van tot een miljoen rand.

Die dopstelsel word reeds vanaf 1961 deur wetgewing verbied, maar sekere wynboere maak nog steeds daarvan gebruik. Dit word algemeen aanvaar dat die groot rolspelers in die drankbedryf en meeste erkende wynplase nie die stelsel gebruik nie.

Skuld aangegaan vir die koop alkohol mag ook nie voortaan van werkers se lone verhaal word nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply