Arnold Genthe was ’n bekende fotograaf vroeg in die 20ste eeu. Hy is gebore en getoë in Berlyn, Duitsland, maar het bekendheid verwerf nadat hy na Amerika verhuis het.

Genthe is veral bekend vir sy werk oor die aardbewing in San Francisco in 1906 en vir sy portretfotografie. Hy het ook die eerste kleurfoto geneem wat op ’n tydskrif se voorblad verskyn het. Dan was daar ook die keer toe hy Jack Londen oorreed het om al sy klere uit te trek vir ’n foto, maar dis ’n storie vir ’n ander dag.

Genthe het ook die mees gefotografeerde kat van sy tyd, Buzzer, gebruik in foto’s. Die waarheid is, daar was nie net een Buzzer nie. Daar was vier katte met die naam wat Genthe altyd in foto’s gebruik het saam met vroue en jong meisies.

Een van die Buzzers verskyn hier saam met ’n dogtertjie in ’n Genthe-foto uit 1910.

Buzzer
Buzzer en ‘n dogtertjie (1910)

Lewer kommentaar

Leave a Reply