Charisma skakel die brein af

Wanneer gelowige mense ‘n charismatiese geneser hoor praat oor die Woord van God, skakel die streke van hul brein af wat betrokke is by skepties denke.

Uffe Schjødt en sy kollegas van die Universiteit van Aarhus in Denemarke het breinskanderings uitgevoer op gelowiges, terwyl hulle luister na gebede van nie-Christene, Christene, en ’n charismatiese geneser. Die breinaktiwiteit het slegs veranderinge ondergaan in reaksie op gebede van die geneser. Volgens Schjødt se studie kan dieselfde deaktivering plaasvind in reaksie op die woorde van dokters, ouers, politici, en ander charismatiese leiers.

Die navorsers het hul resultate publiseer in die wetenskaplike joernaal Social Cognitive and Affective Neuroscience.

Lewer kommentaar

Leave a Reply