Die grootskaalse invoer van slawe na die Kaap begin op 28 Maart 1658 wanneer die VOC-skip Amersfoort in Tafelbaai aankom met 174 Angolese slawe, oorlewendes van 250 slawe wat gebuit is van ’n Portugese skip op pad na Brasilië. Vyf weke later land die Hasselt hier met 228 Guinese slawe. Die eerste Maleiers is in 1677 na die Kaap gebring. Die slawe moes die plaaslike arbeidstekort aanvul.
Later is groot getalle slawe uit o.m. Mosambiek, Madagaskar, Maleisië en Indonesië na die Kaap gebring.
Met die afskaffing van slawerny in 1834 was daar 38 000 slawe aan die Kaap.