Dringende hofaansoek oor apokalips

Die konstitusionele hof het ‘n “uiters dringende aansoek” ontvang vir die aanstelling van ‘n “ondersoekende taakspan” om vir die “einde van die wêreld” op 21 Desember voor te berei.

Robert Sefatsa (38) van Soweto wil hê dat die regering ‘n nuwe departement moet vorm om vir die oordeelsdag gereed te wees.

Hy het voorgestel dat die departement die “departement van paranormale en esoteriese wetenskappe” genoem kan word.

Sefatsa sê volgens die Maja-kalender val die oordeelsdag op 21 Desember en dit vereis dat Suid-Afrika en die res van die wêreld op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas word.

Hy meen ’n kommissie van ondersoek moet uit onder andere geoloë, statistici, astronome, ekonome en buite-ruimtelike tegnoloë bestaan.

Lewer kommentaar

Leave a Reply