The Times berig dat die SABC het ‘n televisieonderhoud met die spotprentkunstenaar Zapiro (Jonathan Shapiro) gekanselleer het.
Volgens Zapiro is die insetsel, wat reeds opgeneem is, as gevolg van “opdragte van bo” nie uitgesaai nie. Volgens hom was dit asof hy tydens die onderhoud aangepor is om iets positief oor president Jacob Zuma te sê.
Die SABC se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê hy weet nie wat die redes was om die Interface-onderhoud te kanselleer nie.
‘n Radioprogram waarin drie joernaliste die ANC se komende verkiesingkongres wou bespreek, is ook verlede week laat vaar. Die SABC het gesê afgevaardigdes van die party moes ook teenwoordig wees, om te verseker dat die program gebalanseerd sou wees.
The Times het vroeër berig oor ‘n brief wat na bewering deur verslaggewers, vervaardigers en aanbieders van die SABC geskryf is waarin hulle die uitsaaier van politieke inmenging beskuldig. Joernaliste word glo berispe indien hulle nie genoeg dekking aan die president gee nie.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
