Gebruik jou vinger vir Google

Google se jongste stukkie innovering is vir almal met selfone en tabletrekenaars met ‘n raaksensitiewe skerm (touch-screen).

Jy kan nou met jou vinger op die skerms skryf waarvoor jy soek. Geen sleutelbord is meer nodig nie.

Om die funksie te aktiveer gaan jy na Google.com met jou foon of tabletrekenaar. Klik op “Settings” aan die onderkant van die blad en kies “Enable” onder “Handwrite”. Kies “Save”. Afhangende van jou bedryfstelsel en blaaier sal jy dalk weer die blad moet laai (“Refresh”).

Dit werk die beste in Android fone en tabletrekenaars met Chrome, maar kan ook gebruik word in ander Android en Apple produkte.

Die video wys hoe:

Lewer kommentaar

Leave a Reply