Google verbeter die weervoorspelling

Een van die beste dinge van Google se soekgids is die ingeboude funksies.

Google Mobile weather sliderJy kan byvoorbeeld “weather” intik gevolg deur die naam van jou stad en jy sal onmiddellik ’n oorsig kry van die dag se weer, asook die volgende vier dae se weer, in plaas van ’n lys van skakels.

Google bied jou nou dieselfde funksie op jou selfoon. Google Mobile gaan selfs verder en bied jou die opsie om die dag se voorspelling in ure op te breek. Die “per uur voorspellings” is tans net beskikbaar vir diegene met Android of iPhone fone.

Hoop die Suid-Afrikaanse krieketspan neem kennis hiervan.

PS.

1) Indien jy ’n Android foon gebruik en dit werk nie, kies “mobile view” in “browser settings”.

2) Indien jy nie jou plaaslike weer kan kry nie, maak seker jou foon gebruik google.com en nie google.co.za nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply