Die stad Zürich in Switserland het inry verkoopspunte vir prostitute gevestig. Die stad se inwoners het onlangs in ‘n referendum gestem om nege inry strukture te bou waarin die prostitute besigheid kan doen. Die sogenaamde “sex boxes” is op 26 Augustus in gebruik geneem.
Die dose is net groot genoeg om een motor op ‘n slag te akkommodeer en is oop van saans om sewe tot vyf-uur die oggend. Die motors volg ‘n spesifieke roete waar hulle uit tot 40 prostitute kan kies. Daarna ry hulle na ‘n doos om die diens te ontvang. Kliënte wat per motorfiets of te voet opdaag word verwys na ‘n spesiale gebou waar hulle kan sake doen.
Een uit elke vyf Switserse mans besoek ‘n prostituut ten minste een maal in hul leeftyd.
