Lekker by die V&A Waterfront

Mense in Kaapstad wat hul lewensmaats verkul gebruik meesal die V&A Waterfront om hul ding te doen, volgens ‘n opname onder 5020 mense.

AshleyMadison.com het die opname hanteer en noem dat ongeveer 70% van die mense hul skelmpies na hotels neem. Die One & Only-hotel is die gewildste met omtrent 33% mense wat soontoe gaan, met die Tafelbaai- en die Cape Grace-hotel wat nie ver agter is nie. Kampsbaai en Nuweland is vierde en vyfde.

Die hotels word hoofsaaklik tussen 12:00 en 17:00 gebruik, en dan slegs vir ‘n uur of twee.

Lewer kommentaar

Leave a Reply