My plastiek vriendin

Daar was verlede week groot opskudding in ‘n parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in Florida in Amerika. George Bartusek is gearessteer waar hy na bewering seks gehad het met twee opblaaspoppe ter aanskoue van winkelgangers, waaronder talle kinders. Toe die polisie hom konfronteer was sy verskoning dat hy oppad was om vir sy opblaasliefies klere te koop.

Die polisie het beslag gelê op Bartusek se broek, wat glo ‘n reuse gat aan die voorkant gehad het. Hy het glo geen onderklere aangehad nie.

George Bartusek was al voorheen in die moeilikheid vir roekelose bestuur, dronkbestuur en die besit van dwelmmiddels.

Lewer kommentaar

Leave a Reply