Naboomspruit gaan sy status as die boereworshoofstad van Suid-Afrika vestig tydens vanjaar se Windpompfees. Tydens dié fees gaan Potgietersrus DLU kragte saamsnoer met AfriForum Jeug en ʼn wêreldrekord boerewors van 236 m braai.
Tydens die geleentheid gaan daar ook gepoog word om groter bewustheid te skep vir ʼn “Stop Misdaad”-veldtog wat tydens die fees afskop. Deur die aksie word daar beoog om bewustheid te skep rondom plaasaanvalle en geweldsmisdade op die platteland. As deel van die “Stop Misdaad”-veldtog gaan daar ook op 5 Junie nuwe wit kruise op die gedenkterrein langs die N1-snelweg naby Polokwane geplant word. Die kruise verteenwoordig slagoffers van plaasmoorde.
Naboomspruit vier ook vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Die Naboom-Windpompfees is vir die eerste keer in 2008 aangebied en is nou ʼn jaarlikse instelling op die Suid-Afrikaanse feeskalender.
Potgietersrus DLU rig ook ʼn uitdaging aan ander organisasies om die rekordpoging te ondersteun en daarop te verbeter.
Die 2010 Naboom-Windpompfees vind vanaf 10 tot 12 Junie plaas en tussen 10 000 en 12 000 besoekers word vanjaar verwag.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
