Selfs diegene wat nie van Apple se produkte hou nie gee nou aandag, want die ontwerper Scott Wilson het met ’n briljante idee vorendag gekom.
Die idee het nuwe lewe geblaas in die iPod Nano en is reeds in Apple se winkels in Amerika te koop. Wilson het ’n band ontwerp wat van die iPod Nano ’n horlosie maak. Die TikTok en LunaTik laat jou toe om die Nano op jou gewrig te dra. Wilson verwys na sy ontwerp as “’n huis vir die Nano”.
Dit is interessant dat die duurder LunaTik, wat ’n meer permanente horlosie maak van die Nano, tans die gewildste van die bande is. Die LunaTik maak ook van die Nano ’n meer praktiese hulpmiddel vir diegene elektroniese toerusting tydens oefening gebruik. Die RedRun LunaTik word spesifiek bemark vir gebruik saam met die Nike+ Sensor.
Die bandjies is ook te koop op LunaTik se webwerf. Die LunaTik Silver en RedRun kos in die omgewing van R550 en die TikTok Black en White teen ongeveer R280. Dit sluit nie die iPod Nano in nie. Die Nano 8 Gig verkoop vir ongeveer R1 500 in Suid-Afrika.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
