Perd val in swembad

‘n Perd wat in ‘n swembad in Hoekwil, naby George in die Wes-Kaap, geval het, is met behulp van ‘n meganiese graafmasjien gered, het die DBV Woensdag gesê.

Die perd se eienaar, Petra Buse, het die perd Vrydag omstreeks 05:00 in die swembad op haar plaas gevind, het insp. Salome Botha gesê.

Die DBV het Buse se oproep omstreeks 10:30 ontvang, nadat sy en haar plaaswerkers alles probeer het om die angstige dier te red.

Die perd was egter uitgeput en swak weens die koue. Pogings om hom teen die swembad se trappe op te lei, was dus vrugteloos. Die swembad se water is uitgetap en die brandweerdienste het gearriveer om bystand te bied.

“Dit het nog twee ure, ‘n kalmeermiddel vir die perd en ‘n JCB (meganiese graafmasjien) geneem, wat toegerus is deur ons veearts en [die perdekenner] Kathryn [Van der Mesch], en die perd is na veiligheid gelig in ‘n harnas,” het Botha gesê.

Perd uit swembad gered

Lewer kommentaar

Leave a Reply