Miljoene rande se heffingsgeld op plastiek winkelsakke het uit die Suid-Afrikaanse regering se koffers verdwyn. R90 miljoen van die heffingsgeld wat sedert 2004 ingesamel is , is “weg”.
Vier sent van die bedrag wat die publiek per plastieksak betaal moet aan die regering oorbetaal word en moet benut word vir herwinnings- en omgewingsprojekte. Die agentskap wat die geld moet aanwend vir die projekte is, volgens kenners in die bedryf, futloos.
