Die vrou van ‘n predikant van ‘n NG-gemeente in Centurion het in die hof verskyn ná sy na bewering R6,9 miljoen van haar werkgewer gesteel het, het Beeld Saterdag berig.
Anchen Lindeque, 36, het Vrydag in die Pretoriase handelshof verskyn op aanklag van diefstal en versuim om voldoende geld vir die prokureursfirma op hande te hou.
Die staat beweer dat sy tussen 2008 en 2009 altesaam R6 259 241,66 onregmatig uit die firma se trustrekening onttrek en in verskeie ander rekenings inbetaal het.
Die verrigtinge is tot Augustus uitgestel vir ’n moontlike pleit, en Lindeque is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Predikantsvrou steel glo R6,2 miljoen
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
