Beeld berig vandag dat die burgemeester van die Tshwane, Gwen Ramokgopa, bedank of gaan bedank.
Is Ramokgopa in of uit?
’n Interessanter vraag is dalk: hoekom?
Daar is al ’n geruime tyd gerugte dat Ramokgopa, glo ’n ondersteuner van Julius Malema, haar ongewild gemaak het in die Tshwane-ANC. Verskeie bewerings van nepotisme en bedrog is al teen haar gemaak (en bewys deur die TV-program Carte Blanche). Haar herontplooiing na die Gautengse provinsiale regering is dalk ’n kompromie tussen strydende faksies.
Of word Ramokgopa voorberei vir haar volgende taak, die provinsiale leier van Gauteng? Is sy dan nie goeie vriende met die huidige provinsiale leier, Paul Mashatile, nie?