Ses perde verbrand in stalle

Ses perde is die naweek in hul stalle in Muldersdrif aan die brand gesteek.

Volgens Beeld het ‘n werker gesê dit lyk asif iemand aan albei kante van die stalle vuurgemaak het om te keer dat dat die perde uit hul stalle kon kom. Die koerant berig dat dit vermoedelik ‘n wraakaanval wat met ‘n arbeidsgeskil verband hou.

Die perde van Willie en Petro Bassonwat verkool het was die spog-hingste Spirit en Sea Biscuit en die merries Rainbow, Fasset, Soekie en haar merrievul, Grace.

Die brandweer moet nog ‘n verslag oor die oorsaak van die brand uitreik.

Lewer kommentaar

Leave a Reply