‘n LP het gevra dat dokters wat polisiebeamptes help om siekverlof te misbruik, ondersoek word, het Cape Times Woensdag berig.
Sindi Chikunga, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het die hoë vlak van afwesigheid by die Maitland-polisiestasie in Kaapstad as voorbeeld genoem.
Die 85 polisiebeamptes by dié polisiestasie het ‘n totaal van 6 579 dae siekverlof in een jaar geneem. Dis ‘n gemiddeld van 77.2 dae per beampte.
