Koer is ‘n nuwe toep vir eensames in Afrikaans.

Bekende akteur en entrepreneur Armand Aucamp het ‘n paar vriende nader gehak en opgekom met sy mees onlangse projek. ‘n Liefdestoep in Afrikaans. Armand het sy eie pasmaat aanlyn ontmoet en was een aand om ‘n braaivleisvuur aan die gesels toe een van vriendinne sug “hoe moeilik kan dit nou wees om net ‘n doodgewoon ordentlike Afrikaanse pasmaat te kry?”. Dit was die begin van ‘n idee wat in 2020 vlerke gekry het.

Koer bied lede ‘n platvorm om potensiële Afrikaanse vriende, penmaats, pasmaats, geselsmaats en alles tussen-in te vind – en dit reg oor die wêreld. Die toep is tans gratis aflaaibaar op App Store en Google Play. In die vreemde pandemie tye is Koer dalk net die veiligste antwoord vir ons eensame aande. Soos hul klinkreël lui: “Koer. Jou hart. Jou taal. Jou kans.

Lewer kommentaar

Leave a Reply