Windmakerige koeie vol robots

Ons maak staat op koeie om vleis en melk te verskaf. Die probleem is koeie se winde dra by tot aardverwarming. So, hoe meer koeie ons nodig kry, hoe meer metaangas word vrygestel.

Navorsers by ‘n Australiese landbougroep gaan dié probleem nou van nader bekyk deur klein gevleuelde robots in koeie se spysverteringskanaal los te laat. Hulle elektroniese sensors sal presies kan bepaal hoeveel metaangas ‘n koei vrystel. Die doel is om te help met die samestelling van ‘n dieet vir koeie wat minder winde tot gevolg het.

Livestock Methane Research Cluster

Lewer kommentaar

Leave a Reply