Afrika: Feit, fiksie of fabel
Roekeloos
Afrika: Feit, fiksie of fabel kyk na die eiesoortige dinge, plekke, mense en diere wat in Afrika was, en is.
Dit bevat onder andere inligting oor al die Unesco Wêrelderfenisgebiede in Afrika (al 73), en vele noemenswaardige en vreemde dinge soos:
- die Selekant,
- die geheim van die Krugermiljoene,
- opgrawings van fossiele,
- legendes soos die Farao se vloek,
- die storie van “Able Seaman Just Nuisance”,
- die Ennedi tier
- die vlieënde Hollander
- die Mokele Mbembe dinosourus
- die Dogon, mense van die sterre
- Ghana se uitsoek doodskiste
- Die Vredefort meteoriet koepel
- Mauritanië: waar groot die beste is
- Die reënkoningin
- Die Sardienloop
- Die monstervis van die Kongo
en die lysie hou aan …

Hierdie uiters interessante en feitlike boek kan aanslag vind by die algemene mark en ook deur akademiese instansies gebruik word.
Die skrywer is Rob Marsh.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
