“Dit is kritiek belangrik om nóú reeds, wanneer ’n mens normaal redeneer, met jou familie en vriende ooreen te kom: Help hou my geharnas teen die afgrond. Hou my dop. Wanneer ek weer in ’n depressie verval help maak seker dat ek betyds professionele hulp kry en daarmee volhou …”
Ná haar pa se selfmoord beloof Jeanne Els haarself dat sy nóóit so iets sal doen nie. Jare later word sy self deur die stroom meegesleur. Sy sluk ’n oordosis voorgeskrewe pille terwyl haar kinders elders in die huis doenig is en haar man Carte Blanche kyk …
In As die stroom jou vat beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe kon hervat.
Sy ondersoek die raaisel van selfmoord en gesels openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het en met gesinslede en vriende wat die selfmoord van ’n geliefde beleef het.
Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde psigiaters deel sy kundigheid en daar is uittreksels uit selfmoordbriewe.
Die boek word op 15 Junie 2011 vrygestel.
Skrywer: Jeanne Els
ISBN: 9780624049708
Prys: ongeveer R 165.00
Formaat: Sagteband, 168pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
