Lennet Loots is ’n alleenloper. Hy woon op ’n lappie grond in Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga.

Jare gelede was Lennet ’n gewone rekenmeester wat ’n gewone voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee – sy meisie, sy loopbaan, sy pa in die alzheimers-kliniek (wat hy vermy, al woon hy net om die draai).

Die daggaboer is ’n ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer. ’n Besonderse verhaal, deur ’n talentvolle jong skrywer.

Die daggaboer / deur Jean-Pierre de Kock — Human & Rousseau, 4 Mei 2018 — 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780798177467 : R 265.00

Die daggaboer
Bettie Blom
11 November 2018

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar