Die Grysland-verblyf

Phillip is ’n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by ’n finansiële instelling in Bellville werk.

Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeën. Ook sy buurman het ’n vendetta teen hom en daar is ’n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig …

Die Grysland-verblyf is ’n teer, onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n man wat ly aan skisofrenie.

Deur die bekroonde skrywer van Die ryk van die rawe, Jaco Fouché.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Die Grysland-verblyf
Die Grysland-verblyf

24 Januarie 2010

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar