
Hulle wil haar graag ’n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed.
Maar dadelik begin die gegis, die geskinder in die Hexvallei Want Mina se vel lyk soos koffie vol Jerseyroom. Soos die jare kom en gaan, bly sy hul “aanneemkind”. Dit is die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat meer soos ’n ma vir haar is. Sy waarsku die pragtige, intelligente kind: Net een misstap en die blankes sal vinger wys en sê: Daar het die De Graaffs nou hulle loon. Wat het hulle in elk geval verwag van ’n “hotnoskind”, maak nie saak hoe goed sy “opgevoed” is nie.
Dan, terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan en haar drome met die bewonderende Boeta Bantjies deel, gebeur dié “misstap”.
Die verraderlike daad van ’n ryk jong wit man dryf Mina weg uit die Vallei, laat haar beland in ’n eindelose spiraal van bedrog. ’n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses …
Die Verdwyning van Mina Afrika / Zuretha Roos — Tafelberg, 15 Oktober 2015; 236 p. ; sagteband. — ISBN 9780624076926
Die Verdwyning van Mina Afrika,
Bettie Blom,
15 Oktober 2015.

Dis n baie goeie storie,puik