Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi.
Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.
Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.
Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste / deur Riette Rust — Lapa; 248 p. ; sagteband. — ISBN 9780799367447
Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste,
Bettie Blom,
23 Oktober 2016.