Skryf nou in vir die LAPA Jeugromankompetisie 2017. Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel.
Sleutelwoord Argiewe:Lapa
Fortuin
Is Eva van Eden ’n heks, of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel, of ’n onheilsnes?
Offerande
Caz Colijn se storie word voortgesit en al die vrae waarmee Offerlam ons gelos het word beantwoord.
Springgety
Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis ’n plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom herhaal nie.
Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste
Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe.
Bloedlyn
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is.
Joernaal vir ‘n bedonnerde diva
Joernaal vir ’n bedonnerde diva is vir alle divas wat weet dis nie maklik om te leef nie, wat verstaan dat die lewe soms ’n triomf en soms onhoudbaar is, wat weet dat geluk en leed soms ewe veel kos, en veral weet dat praat bloot asem is wat in die atmosfeer verdwyn.
Al wat ek weet
“Jy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.”
Lemoenseisoen
Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word.
Sjokoladesoene
Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.