Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene?
Dié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?
Chanette Paul het in die Offer-tweeluik ‘n plot vol interessante elemente saamgeweef. Daar’s intrige, ‘n sterk vrou as die hoofkarakter en selfs ‘n tikkie romanse.
Offerande / deur Chanette Paul — Lapa; 512 p. ; sagteband. — ISBN 9780799381320
Offerande,
Bettie Blom,
6 November 2016.