Sjokoladesoene


Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

Sjokoladesoene / deur Kristel LootsLapa; 392 p. ; sagteband. — ISBN 9780799377606

Sjokoladesoene
Sjokoladesoene
Sjokoladesoene,
Bettie Blom,
3 Januarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply